Huawei kry tydelike lisensie om Android te gebruik

David Becker | AFP

Die tydelike lisensie wat Huawei het om Android te gebruik, is geldig vanaf 20 Mei en sal op 19 Augustus verstryk.

Die US commerce department het ’n paar dae nadat hulle Huawei beperk het om sake met Amerikaanse besighede te doen, ’n tydelike lisensie uitgereik sodat die Chinese besigheid Android-dienste aan verbruikers van huidige model Huawei-toestelle kan lewer.

Slegs Huawei-toestelle wat voor 16 Mei aan die publiek beskikbaar gestel is, word deur die tydelike lisensie gedek. Die Amerikaanse departement het gesê hulle sal oorweeg of daar voorsiening gemaak sal word om die spertyd van die tydelike lisensie te verleng.

Terwyl die lisensie geldig is, word huidige model Huawei-slimfone entablette nie geraak nie, maar hoe dit toekomstige modelle en opgraderings gaan beïnvloed, is nog onduidelik.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: