HTA hou landgoed veiling Donderdag 23 Mei 2019

Hugo en Terblanche afslaers hou Donderdag 23 Mei 2019 ‘n reuse- sakereddings-landgoedveiling om 11:00.

Die veiling bestaan uit ‘n pakstoor met voertuie, trekkers, vurkhysers, sleepwaens, stropers, aartappel-en-ui toerusting, implemente en los goedere.

Behoorlik daartoe gelas deur die sakereddingspraktisyn van Sunny Weather Agriculture BK in sakeredding sal hulle, in samewerking met Park Village Auctions, per openbare veiling, te die Sunny Weather-pakstoor, distrik Jacobsdal, die onderstaande plaas en bates te koop aanbied.

Om die eiendom te bereik, neem vanaf Kimberley die N12 suid vir ongeveer 34 km en ry oor die Rietrivier.  Eiendom is dan aan regterkant.                     GPS-koördinate:  -29.038901, 24.622413

VASTE EIENDOM: Gedeelte 14 van die plaas Klipdrift en Kookfontein nr. 109, distrik Herbert. Groot: 4,2527 ha.
LIGGING: Aangrensend aan die N12, ongeveer 34 km suid van Kimberley.
VERBETERINGS: Verwerkingsaanleg vir groente – aartappels, uie en wortels fabriek 2236 m², oop stoorarea 1072 m², kantien 265 m², saadstoor 360 m², oop stoor 270 m², nuwe oop stoor 525 m², palet werkswinkel 252 m², werkswinkel 93 m²,
stoorkonstruksie 100 m², woonhuis wat gebruik word as kantore 328 m², totaal 5,504 m². Hierdie eiendom is strategies geleë vir verwerkingsaanleg vir groente en landbouprodukte. 100 KVA Eskom -punt.

STAALSTRUKTURE: Staalkonstruksie met sinkdak – 270 m²; staalkonstruksie met sinkdak – 525 m². Sal gesamentlik en afsonderlik van vaste eiendom aangebied word. BAKKIES, VRAGMOTORS & LEUNWA: 2016 Toyota Hilux 3.0 D4D Legend X/cab, 2 x 2015 Toyota Hilux 2.5 D4D SRX; 2 x 2015 Toyota Hilux 2.0 VVTi; 2013 Toyota Hilux 3.0 D4D Raider D/K 4 x 4; 2006 Man 18.140 Voorhakker; 2004 Mercedes Benz 1317 Atego met valkante; 2013 BUSAF Bus leunwa, dubbelas leunwa. TREKKERS: 2 x 2016 Case 110 JX Farmall; 2016 McCormick X7-680; 2014 McCormick XTX 165 met kajuit; 2004 McComick MC120; 2016 Landini 110 HC Powerfarm; 2 x 2008 Landini DT 8860; 2001 Landini Atlas 90; 1971 Massey Ferguson MF135; Massey Ferguson MF135; 1993 Massey Ferguson MF390; Massey Ferguson 135; 1995 Massey Ferguson MF399; John Deere 6410 MFWD, John Deere 2120. VURKHYSERS: 2014 Toyota 8 FD18, Toyota 18 FD, Toyota 25, 2010 Toyota 2.0 Ton, 2 x Toyota Vurkhysers; 3 x 3 punt vurkhyser; Vurkhyser. LAAIGRAWE: 2 x Rovic laaigrawe met baalvurke en houer kantelaars, Michigan 620 4×4 laaigraaf met baalvurk. UIE- & AARTAPPEL TOERUSTING: De Wulf P3B oesmasjien; 2013 Red Ant uie oesmasjien, 12 x Unikum massabakke en 3 x waens; Unikum 3 snyer en houervuller; 2 x pallet domkrae; Massabak afhaler; 2008 Holaras uie uithaler; Holaras loofsnyer; Wortelwas, poleer en sorteerdereenheid; Wortelsakkie seëlmasjien; Butternut sorteeraanleg met krat kantelaar; Unikum uie voorsnyer, kratkantelaar, kratvuller en hyserband; uie sorteermasien met Nicolson uieskoonmaakeenheid, blareblaser en geoutomatiseerde weegeenhede; “pre pack” eenheid; 3 x uitsuigwaaiers; 3 x paletiseerders.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *