Polisie besoek plaaslike radiostasie

Die provinsiale hoof van korporatiewe kommunikasie, brig. Mohale Ramatseba en hoof van die mediasentrum, kol. Mashay Gamieldien, het Maandagoggend by Teemeneng, die plaaslike radiostasie in Kimberley, gaan kuier. Hulle was vergesel deur die provinsiale media-skakelbeamptes, lt.-kol Dimakatso Mooi, kapt. Olebogeng Tawana en kapt. Sergio Kock.

Hierdie hoflikheidsbesoek vorm deel van die weeklikse radio-onderhoude. Tydens die onderhoude met die kommunikasiebeamptes word die naweek se misdaadnuus, algemene veiligheidswenke en aanspreeklikheidsverslae gedeel. Hulle spreek ook klagtes van luisteraars sowel as misdaadpatrone in die onderskeie gebiede in die groter Kimberley-omgewing wat aangemeld word, aan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: