Addie-land se spoke word wakker

Hoërskool Adamantia se spoke is Vrydagaand 17 Mei wakker gemaak tydens die spookroete!

Ongeveer 400 leerders van gr.7 tot 12 het hierdie geleentheid bygewoon en dit was ‘n reusesukses.

Die fondse met hierdie geleentheid ingesamel, gaan vir Adamantia se radiostasie (Arend-FM).  

Die skool wil graag vir Tiaan Erasmus, hoof-organiseerder en brein agter hierdie geleentheid, bedank. Tiaan is ook verantwoordelik vir Arend-FM.

Hoërskool Adamantia bedank ook die volgende mense:

Die spookspan- ‘n groot dankie vir julle bereidwilligheid en moeite. Dit was awesome!

Baie dankie aan Lefran Smith, Jonathan Britz, Drichia Visser, Jean-Mari Orren, Anke Brits, Morgan Keyser, Norma-Jean Lucas, Valentino Myburgh, Ghünter Brits, Tienie Bekker, Gideon van der Merwe, Leandri Louw, Marizàn Steyn, Jaco Stroebel, Johanè van Aswegen, Johandri Tolmay, Jodie Saal en Dillen Kruger.

Kayla Oosthuizen – die skrywer van die spookstorie

 Jean Eloff – die klankman

“Hierdie leerders het geen verskonings gehad toe hulle gevra is om deel te neem aan hierdie geleentheid nie. Hulle het elkeen dadelik ingespring en bygedra tot die reusesukses van die aand,” sê die skool.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *