32 nuwe voertuie word aan die polisie oorhandig

KIMBERLEY – As deel van die verbetering van dienslewering in die Noord-Kaap, het die provinsiale kommissaris-generaal Risimati Shivuri 32 Ford Ranger-voertuie aan verskillende polisiestasies en eenhede oorhandig.

“Die oorhandigingseremonie het Maandag 20 Mei 2019 by die K9-eenheid in Kimberley plaasgevind. Die speurders het 24 Ford Ranger-bakkies gekry en die Visible Policing het ook agt Ford Ranger-bakkies ontvang,” sê lt.-kol. Dimakatso Mooi. “Met die uitgestrektheid van die area en beperkte hulpbronne in die provinsie, sal die voertuie die polisielede help om tonele betyds te bereik.”

Lt.-genl. Shivuri het die lede gewaarsku om die voertuie goed op te pas en om nie die voertuie te misbruik nie.

Foto’s: Verskaf

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: