Wimpy-voorval: “Hy het op my gepiepie”

Deel hierdie storie / Share this story

Die sesjarige meisie, wat na bewering sonder haar klere saam met ‘n tienerseun (13) in ‘n Wimpy-restaurant in Mooinooi agter ‘n geslote deur gevind is, wou weet waarom die seun op haar “gepiepie” het, berig Rapport.

Doris Makgaka, die vrou wat tussenbeide getree het toe die meisie se ma die kinders in die toilet betrap het, sê die meisie het glo heeltyd na haar privaatdele gewys en gevra waarom die seun op haar gepiepie het.

Doris Makgaka
Foto: Netwerk24

Luidens Rapport het die ma aan hulle gesê sy het ‘n klag by die polisie ingedien. Die ma van die seun wou nie kommentaar lewer nie, maar het wel gesê sy gaan stappe neem teen die mense wat die video versprei het. Die seun is ook nog nie weer terug skool toe nie, omdat sy ouers vir sy lewe vrees.

Brig. Sabata Mokwabone, ‘n Noord-Wes-polisiewoordvoerder, het aan FiND iT gesê hulle ondersoek die saak en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Voort sê Rapport Makgaka het die afgelope week aan hulle verduidelik wat agter die skerms gebeur het en waarom die ma van die meisie ‘n klag gaan lê het.

“Die feit dat die meisie oor die piepie gevra het, het die ma  geweldig ontstel en dus vermoed sy iets verskrikliks het met haar kind gebeur.

Makgaka was heel toevallig op stemdag, toe die insident plaasgevind het, by die Wimpy. Volgens haar was die tienerseun alleen by die speelarea.

Makgaka is besturende direkteur by Genesis, ‘n organisasie wat na armes omsien.

Sy vertel aan Rapport sy het die meisie heeltyd sien speel en ook dat sy gereeld na haar ma toe gaan het.

Die volgende oomblik het sy die ma histeries hoor gil: “Iemand help asseblief.” Sy het gaan help.

“Die ma het gesê die dogtertjie se broekie was verkeerdom aan. Sy het haar skoene in haar hand vasgehou.”

Volgens Makgaka het sy die seun se arm vasgehou om as bemiddelaar op te tree. “Ek wou weet wat gebeur het. Die seun het heeltyd gesê die meisie het hom gevra om dit te doen.”

“Om wat te doen?” wou ek weet. “Om haar te soen,” het hy geantwoord.

Sy sê die Wimpy het die polisie en die seun se ouers gebel waarna hulle min of meer op dieselfde tyd daar opgedaag het.

‘n Skermgreep waar Doris die seun se arm vashou en hom konfronteer.

Die ouers, kinders en Makgaka is daarna na die polisiestasie waar die kinders ondervra is.

“Ek het self ‘n gestremde seun. Dit laat mens vrees vir die veiligheid van jou eie kinders,” verduidelik Makgaka.

FiND iT is in besit van die video.