Kimberley se waarnemende stasiebevelvoerder, kol Rikwarmso, het ernstige stappe geneem om die misdaad in die middestad onder beheer te kry, sê kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder.

Die mobiele gemeenskapdienssentrum is strategies geplaas om smash and grab-grypvoorvalle, diefstal uit motorvoertuie en algemene misdaad in en rondom die middestad te kan beheer.
Daar sal ook voortaan polisielede in gewone kleredrag in die middestad loop om verdagtes te kan identifiseer en te arresteer.
Volgens kol. Gamieldien word lede van die gemeenskap met gesertifiseerde dokumente en verklarings bygestaan.





