SAPD netbalspelers vlieg hoog

Deel hierdie storie / Share this story

Die SAPD-netbalspelers van die Noord-Kaap hou die vlag omhoog deur die provinsie by Telkom se netbalpremierliga  te verteenwoordig.

“Vier SAPD-netbalspelers is gekies om deel te wees van hierdie prestige-span in Pretoria by TUKS,” sê kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder.

Die wedstryde sal op SuperSport 10 uitgesaai word.

Een van die vier spelers, SPO Leoni Ross van beskerming- en sekuriteitdienste, is as die assistent-afrigter vir die Noord-Kaap se Diamantespan gekies. 

Sers. Zintle Kabinda, ‘n statistikus van Kagisho SAPD, asook die twee konstabels Coetzee van Nababeep SAPD en Fureka Mentoor van Roodepan-SAPD, sal in die liga speel.

Volgens Gamieldien strek die liga oor ses weke en speel hulle elke naweek  van 10 Mei tot 9 Junie 2019. 

Gamieldien sê verder Mentoor is ook genomineer om in Angola gedurende dieselfde maand te gaan speel vir SARPCCO-spele swaar sy ook die  SAPD sal verteenwoordig.

Die netbalspelers speel elke wedstryd met die volgende Skrifvers: Jy kan alles deur Christus doen wat jou die krag gee – Filippense 4:13.