Bekende Grumpy Cat sterf

Die gewilde en geliefde Tardar Sauce wat bekend gestaan het as “Grumpy Cat” is Dinsdag 14 Mei dood. Daar was glo komplikasies na ‘n urienweginfeksie.

Tabatha Bundesen, die kat se eienaar, het die nuus in ‘n verklaring bekend gemaak nadat die kat in haar arms dood is.

Grumpy Cat en haar eienaar, Tabatha Bundesen.
Foto: buzzfeed.com

“Sy was nie net ‘n geliefde familielid en ons baba in die huis nie, sy het ook miljoene mense oor die wêreld help glimlag in moeilike tye. Haar gees sal altyd voortleef by haar aanhangers,” lui die verklaring.

Grumpy Cat het reg oor die wêreld bekendheid verwerf deur die permanente frons op haar gesig. Volgens Tabatha was die uitdrukking op haar gesig weens katdwergisme. Nadat fotos van haar in 2012 op die internet versprei is, kon mense nie genoeg van haar kry nie.

Sy het ook haar televisieverskyning  in 2014 in ‘n Kersfees-rolprent gemaak.

Die geliefde Grumpy Cat.
Foto: youtube.com

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: