Trio en plaaswerkers vang diewe

Drie mans is gister 17 Mei 2019 weens inbraak in hegtenis geneem. Die inbraak het by ‘n sonkragaanleg, ongeveer 50 km van Prieska geleë, plaasgevind sê lt.-kol Dimakatso Mooi.

Na bewering het die alarmstelsel by die aanleg afgegaan. Die polisie het vinnig gereageer en ‘n bakkie op die toneel gevind. Die bakkie het glo afgetrek  toe die polisievoertuig naderkom.

Volgens Mooi het die verdagtes selfoontoringbatterye in die pad gegooi toe hulle deur die polisie gejaag is.

Luidens die stasiebevelvoerder lt.-kol Bennet Mbombo is die bakkie 15 km van Strydenburg sonder enige passasiers gevind. Met die hulp van die plaaswerkers is die drie verdagtes, onderskeidelik 24, 36 en 41 jaar, op die plaas gevind.

Die plaaswerkers wat gehelp het om die verdagtes te vang.

Al drie mans is in hegtenis geneem en beslag is gelê op ses sonpanele ter waarde van R30 000 asook 12 selfoontoringbatterye.

Die cluster commander van Pixley Ka Seme, brig. Nomana Adonis, het die lede van die gemeenskap gedank vir hul vinnige reaksie. Hy het ook die boerderygemeenskap bedank vir hulle deurlopende hulp in die stryd teen misdaad.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: