Man in hegtenis vir besit van dwelms

KEIMOES – Op Vrydag 17 Mei ongeveer 15:30  het sers. Bollie Jacobs en sers. Jeffery van Schalkwyk ‘n manlike persoon wat dwelms verkoop in hegtenis geneem, sê kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder.

Nog ‘n 27-jarige man is na verdere ondersoek deur die polisie in hegtenis geneem oor die hantering van dwelms.

Volgens kol. Gamieldien is 19 Mandrax-tablette, 19 kwart tablette en dagga met ‘n geskatte waarde van ongeveer R3 500.00 gekonfiskeer.

Die verdagtes sal Maandag, 20 Mei 2019, op ‘n aanklag van die hantering en besit van dwelms in die Keimoes-landdroshof verskyn.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: