Polisie op die spoor van Katlego Kagisho Moje

Deel hierdie storie / Share this story

Noord-Kaap: Die polisie op Postmasburg  doen ‘n beroep op die publiek vir hulp om Katlego Kagisho Moje op te spoor, sê kapt. Olebogeng Tawana.

Kagisho kan die polisie help oor ‘n gewapende roof, wat op 30 April 2019  in Koetstraat, Postmasburg, plaasgevind het.

Volgens Tawana was Moje vermoedelik in besit van ‘n vuurwapen wat instrumenteel in die uitvoering van die gewapende roof was.

Luidens die verklaring word daar vermoed dat hy in die Noord-Wes, Gauteng of Noord-Kaap provinsie is.

“Indien jy enige inliting het, kan jy die ondersoekbeampte, lt.-kol. Doggy Magugu by 074 5807 338 of 082 4690 578 kontak. Jy kan ook die misdaadlyn by 08600 10 111 bel.