Kinders hospitaal toe na gas afgee

Altesaam 25 leerlinge van die Venus Primêre-skool in Homevale is vandag hospitaal toe gebring nadat hulle na bewering gevaarlike gasse ingeasem het.

Albert Hensberg, bestuurder van ER24, sê die leerlinge is deur ER24 en die provinsiale ambulansdiens na die hospitaal gebring.

“Die leerlinge het na bewering met ‘paint ball’-balletjies gespeel. Vyf van die balletjies het op die vloer oopgekraak en ’n gas afgegee wat die leerlinge laat opgooi het en hoes. Die hele klas was vol leerlinge.”

Al die leerlinge is gestabiliseer en niemand is ernstig beseer nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *