Die Hoër Landbouskool Jacobsdal het Woensdag (gister) aan die Groter Bloemfontein-liga deelgeneem. Hulle het vyf spanne gehad wat vroeër die week aan die semi-finaal deelgeneem het. Vier spanne is deur na die finaal, wat gister plaasgevind het.
Die uitslae is soos volg
0/14A wen 26-16 teen Dewetsdorp
o/15A wen 15-14 teen Navalsig
o/16A wen na ekstra tyd 23-16 teen Hoërskool Bloemfontein
Eerstespan wen 30-19 teen Hoërskool Bloemfontein
“Ek is baie trots op elke span en elke speler. Hulle het hard gewerk deur die seisoen en dit was nie altyd maklik nie, maar op die einde is ek baie bly ons kon met die beker wegstap,” se Sue-Mari Strydom, sportorganiseerder van Landboudal.





