Verbrande ma en baba – saak uitgestel

Die 35-jarige man wat oor die naweek in Windsorton in hegtenis geneem is vir die moord op sy eksmeisie, Martha Mokgele (19) en hulle 10 maande oue babaseuntjie, Neo Mokgele, sou Dinsdag 14 Mei 2019 in die landdroshof op Barkly-Wes verskyn.

Volgens Mokgele se ouer suster, Susan Mokgele, het hulle haar en haar seuntjie Saterdagaand omstreeks 19:00 laas gesien en was sy op pad na die verdagte se huis om hulle verhouding te verbreek. Sy het nie weer huis toe gekom nie. Hulle verbrande liggame is Sondag  in ’n nabygeleë veld deur ’n verbyganger gekry. Na bewering is Mokgele se liggaam te verbrand om geïdentifiseer te word, maar Neo is egter net op sy voorkop, hande en arms gebrand. Hulle liggame is Maandag deur haar ouers identifiseer.

Phaladi Shuping, van die nationale vervolgingsgesag, het aan FiND iT bevestig dat die saak teen die 35-jarige man tot 23 Mei 2019 uitgestel is vir ’n formele borgtogaansoek. Hy staan tereg op twee aanklagte van moord en twee aanklagte van lykskending.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: