Onbekende figuur van ‘n vrou – leser vertel

** Spookstories word ingestuur deur FiND iT lesers en is nie die opinie van FiND iT nie.**

“Ek het nog altyd geglo in bonatuurlike goed en gewoonlik glo mense nie daarin todat hulle dit self ervaar nie.”

“Ek het een aand in my bed gelê en op my selfoon fliek gekyk, tot ongeveer halfdrie die oggend. My man was nie die spesifieke aand by die huis nie. Ons kamerdeur maak gewoonlik ‘n kraakgeluid wanneer hy oopgestoot word, so dit is maklik om te weet as iemand inkom. Nadat ek die fliek klaar gekyk het, het ek begin insluimer. Die kamer deur was halftoe. Ek het wakker geskrik toe ek die kamerdeur hoor kraak. Dit het gevoel of my hart by my bors wil uitspring. Ek het geweet dit is nie een van my kinders nie, aangesien hulle kamerdeur toe was. Ek het regop gesit in my bed en probeer fokus op wat ek sien.”

“Verby my bed het die figuur van ‘n vrou stadig verbygestap en haar kop effens na my kant toe gedraai. Ek het dadelik opgespring en kombuis toe gehardloop terwyl ek al wat ‘n lig is aangeskakel het. My eerste gedagte was om ons hond te laat inkom. Ek het veral geskrik toe hy reguit na my kamer toe hardloop en begin blaf en knor.”

“My kinders het gelukkig vas geslaap en het nie wakker geword nie. Ek weet ek het myself nie verbeel nie, want ek het dieselfde figuur ‘n paar keer na dit weer gesien. Ek het geen begeerte om haar te verjaag nie; sy pla my nie. Dit jaag my net die skrik op die lyf as sy so uit die niet verskyn.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: