60 cm hare vir Kansa

Elmareth le Roux (40) het Woensdagoggend vir die derde keer 60 cm van haar hare afgesny. Sy het dit ten bate van kanker gedoen.

Dié huisagent vertel sy skenk elke vyf jaar ongeveer 60 cm van haar hare aan Kansa. “Ek is bevoorreg. My hare groei baie vinnig en is baie dik. Ek is dankbaar dat ek my hare vir iemand anders kan skenk.”

Hoe voel sy?

Elmareht vertel almal rondom haar is gewoonlik meer emosioneel en hartseerder as sy. “Ek is verlig. Lang hare is baie moeite. Korter hare is soveel gemakliker.”

Elmareth se hare is genoeg om vir drie mense pruike te maak omdat slegs 25 cm nodig is vir ‘n pruik.

Elmareth vanoggend by die haarsalon.
Sny, sny, sny!
60 cm hare

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: