Nagte van vrees – Leser vertel

** Spookstories word ingestuur deur FiND iT lesers en is nie die opinie van FiND iT nie.**

“Ek was altyd mal daaroor om demoniese flieks te kyk. Ek het een oggend wakker geword nadat ek die vorige nag ‘n demoniese fliek gekyk het, met krapmerke op my bors en binnebene. Ek het eers nie aandag daaraan gegee nie, want ek het diere wat saam met my in my bed slaap en het gedink dit is dalk een van hulle.”

“Die krapmerke het vir ‘n geruime tyd elke aand gebeur, totdat ek een aand in my kamer ingeloop het en dit gevoel het asof ek deur iemand stap. Ek het teruggehardloop na my ma toe in die kombuis en haar vertel daarvan.”

My tannie is ‘n sendeling en ons het haar van die voorvalle vertel. Sy het vermoed dat dit dalk ‘n demoon kan wees wat my teiken, maar ons het haar eers nie geglo nie.”

“My ma het gegaan en my kamer gesalf en gebid. Dit het vir ‘n geruime tyd nie gebeur nie. Ek het opgehou om demoniese flieks te kyk en vermoed dit is een van die redes hoekom dit nie weer gebeur het nie. “

“Twee jaar later het ek weer een aand ‘n demoniese film gekyk en hoe toevallig was dit dat ek die volgende oggend weer met krapmerke wakker geword het? Ek het weer vir my ma van die voorval gesê en sy het weer eens gebid en die kamer gesalf.”

“Die volgende oggend het my ma wakker geword met krapmerke op haar hande.”

Ons het vir die eerste keer begin navorsing doen oor die tipe goed, omdat ons in die verlede nie deure soontoe wou oopmaak nie. “Wat ons toe raakgelees het, is dat demone die persoon gaan teiken wat hom bedreig – in dié geval my ma omdat sy elke keer die kamer gaan salf en gaan bid het.”

Die pastoor is ook intussen genader en hy het gesê die rede hoekom die demoon nie tot ons kon deurdring nie, is omdat ons so ‘n sterk geloof het.

“Ons het nooit enigiets gesien of verder enige nare ervarings gehad nie. As dit nie vir die krapmerke was nie, sou ons nie eers geweet het van die ongewenste gas in de huis nie.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: