Landboudal se netbalspanne het gister 13 Mei 2019 in die semi-finaal van die Groter Bloemfontein-liga deelgeneem. Vier van hulle vyf spanne het gewen en gaan deur na die finaal wat môre 15 Mei 2019 plaasvind.
Die uitslae is soos volg:
o/14 wen 30-5
o/15 wen 18-14
o/16 wen 29-6
o/19B verloor 10-9
Eerste span (o/19A) wen 54-23
“Ongelukkig gaan die o/19B-span nie deur na die finaal nie, maar die ander vier spanne gaan wel deelneem aan die finaal,” bevestig Sue-Mari Strydom, Hoër Landbouskool Jacobsdal se sportorganiseerder.
Môre se program lyk so
14:30 o/16 A teen BFN Hoër
15:15 o/15 A teen Navalsig
16:00 o/14 A teen Dewetsdorp
16:00 Eerste span teen BFN Hoër



