Die Hollywood-legende Doris Day (97) is Maandagoggend in haar huis in Carmel, California oorlede.
Luidens AP NEWS is Doris aan longontsteking dood. Sy was bekend vir haar rolle saam met onder andere Rock Hudson en Cary Grant in die 1950’s en 1960’s.
Doris het ook mense met haar stem bekoor. Van haar gewildste treffers was “Pillow Talk”, “The Man Who Knew Too Much” en “That Touch of Mink”.

Foto: Silver Screen Collection/Getty Images




