De Doorns – Trokke word geteiken

Nog drie trokke is na bewering buite De Doorns in die Wes-Kaap met klippe gegooi – dit nadat Christopher Kgomo, ’n trokdrywer van Time Link Cargo oor die naweek sy lewe verloor het toe iemand ’n rots by ’n brug afgegooi het.

Verloor beheer

’n Video wat op sosiale media versprei word, is geneem deur die trok se dash cam en wys hoe ’n groot rots deur die voorruit van die trok breek. Die rots het egter op die stuurwiel geval en die hele stuurwiel uitmekaargebreek. Die drywer het toe beheer oor die trok verloor en het in
dié ongeluk gesterf.

Na die ongeluk het iemand na bewering die trok se hardeskyf gesteel en moes Time Link Cargo die hardeskyf by die man vir R1 000 terugkoop. Die vrag is ook intussen gesteel.

Time Link Cargo se trok

Misdadigers word beskerm

“Gisteraand is nog drie trokke met klippe gegooi,” word op SA Long-distance Truckers se Facebook-blad bevestig. “Ons is moeg vir die SAPD wat wetgewing oor menseregte vermy en die misdadigers beskerm. Hulle moet misdaad in hierdie dorp voorkom. Ek is nogal kwaad vir die tekortkominge hier. Hulle sal nou net optree, maar môre sal hulle die probleem los soos dit is. Hulle weet al lank dat stene van die brug op vragmotorbestuurders en ander bestuurders gegooi word,” sê ’n anonieme leser.

Foto’s: Facebook

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: