Ouers slaap buite skool vir registrasie

Deel hierdie storie / Share this story

Die ouers van tienerdogters staan al van vanoggend vroeg in toue buite Kimberley Girls’ High School om vir hulle dogters ’n plek vir 2020 te verseker.

Ouers slaap buite die skool

Met FiND iT se aankoms by die skool was daar kampstoele, komberse en ouers in pajamas buite hulle motors.

Baie mense het van gisteraand buite die skool gewag, sodat hulle voor in die tou kan wees wanneer die skool oopmaak. “Hier was reeds omtrent 60 ouers toe ons hier aankom vanoggend. Baie van die ouers wat hier was met ons aankoms het al klaar geregistreer en gery. Baie van hulle het hier in hulle motors oorgeslaap.”

Departement van onderwys

“My dogter wil hier wees,” sê ’n ma buite die skool. “Sy wil nie na ’n ander skool toe gaan nie en hier behoort genoeg plek vir al die leerlinge te wees, maar indien hier nie plek is vir almal nie, moet die departement van onderwys ’n plan maak.”