Tweede Ekapa-vragmotor in twee maande uitgebrand

’n Tweede vragmotor van Ekapa-myn is vanoggend omstreeks 11:00 in Woodburne-straat in Greenpoint uitgebrand.

Die hoof van sekuriteit vir die myn, Rassie Erasmus, was op die toneel en het vir die owerhede gewag toe FiND iT op dit afkom.

“Ons het daagliks probleme met die zamas. Hierdie is die tweede vragmotor wat uitgebrand is,” verduidelik Erasmus.

Betogers het ongeveer dieselde tyd die hoofingang van die myn op die R64 na Boshof met klippe versper. Lees meer hier. FiND iT hou jou op hoogte.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: