VIDEO: Bakkie ry bo-oor sekuriteitswag by inkopiesentrum

Johan Steyn (38) van Kraaifontein het na bewering bo-oor Mzwanele Wellem (39), ’n sekuriteitswag by ’n inkopiesentrum in Stellenbosch, gery.

In die video dring die bestuurder van die bakkie aan om teen ’n eenrigtingbaan by die parkeerarea te ry. Die wag beduie die drywer in die teenoorgestelde rigting net voor die bestuurder van die bakkie oor Wellem ry.

Luidens ’n berig deur TimesLive is Wellem uit die hospitaal ontslaan.

Steyn het op aanklag vir poging tot moord in die Stellenbosch-streekhof verskyn en is op borg van R2 000 vrygelaat. Steyn sal op 27 Junie in die hof verskyn.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *