Boer soek ‘n vrou verwelkom eerste gay boer

Deel hierdie storie / Share this story

Die gewilde realiteitsprogram Boer Soek ‘n Vrou het Sondagaand (gisteraand) die 10 nuwe boere vir die twaalfde seisoen van die reeks bekendgestel.

Nege van die 10 boere, van 26 tot 51 jaar oud, is almal op soek na die skoner geslag terwyl Damian (37) van Bapsfontein op soek is na ‘n manlike boer.

Dit is die eerste keer dat daar ‘n gay boer op Boer Soek ‘n Vrou is.

Vyf van die boere is van die Wes-Kaap, twee elk van die Noord-Kaap en die Oos-Kaap en een van Gauteng.

Tydens die realiteitsprogram, wat in Oktober begin, ontvang die 10 boere briewe van belangstellende vroue, en nou ook mans. Hulle moet almal ouer as 21 en ongetroud wees.

Die vyf boere wat die meeste briewe ontvang, verskyn in die 13 episodes.

Ontmoet die 10 boere hier.

Kommentaar op Facebook

“Yay vir Gay boere! Hoekom moet almal altyd in sekere boksies pas volgens ander mense! #LiefdeWen,” sê Lizelle Pieters.

“Jong gay seuns pleeg selfmoord a.g.v. hierdie tipe mentaliteit van die “gelowiges”. Jou kind sit dalk langs jou en verwyt homself omdat hy/ sy vertel word dat dit verkeerd is om gay te wees.  Glo wat jy wil. Wees wat jy wil. Moet dit asseblief nie op ander mense afdwing nie. Let everyone be. Dit verander absoluut niks aan jou nie,” sê Nicolaas van der Walt.

“Baie teleurgestel dat KYKNET se Boer soek ‘n Vrou hulle begewe in die gay rigting. Dis nou die laaste keer dat ons kyk. Kan nie glo dat mense wat die program maak nie kan sien dat dit in ‘n gemors uitloop nie. Meisies sal nie inskryf vir die program nie. Meisies het ook hulle trots,” sê Jaap Meyer.

”Sal beslis die seisoen mis,” sê Natalie van der Linde.

“Bravo boer Damian! Uiteindelik gebeur dit op die program, jy is ‘n brawe en uitsonderlike mens deur net jouself te wees,” sê Ingrid de Waal.

Kyk die video hier: