Man wat 13-jarige verkrag, gevonnis

KIMBERLEY, GALESHEWE. – ’n Man is vandag hier gevonnis nadat hy ’n 13-jarige meisie verkrag het.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê Piet Jantjie (25) is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

Hy het op 17 Desember, 2016, in die kamer van ’n 13-jarige meisie ingegaan terwyl sy slaap en haar verkrag. Hy was bekend aan die familie. ’n Familielid het op hom afgekom terwyl hy die meisie verkrag en het die polisie gebel.

“Die voorval het in Santa Centre gebeur en die verdagte is ure later in hegtenis geneem. Hy het in aanhouding gebly totdat hy gevonnis is.”

Brig. Nicky Mills, die provinsiale hoof van gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings, het speurder-sersant Daniel Satisfied bedank vir sy goeie werk.

“Ons is trots op hoe ons polisielede saamwerk om kriminele van die strate af te hou,” sê Mills.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *