Vermiste kat

Hakuna, ’n kat met spesiale behoeftes, het vanoggend in Ritastraat, Heuwelsig, weggeraak.

“Ons het hom in Junie 2018 opgetel. Hy was ‘n weggooibabakat. Ek is nie seker hoe oud hy is nie, maar vermoed hy is so ‘n jaar en ’n half,” sê La Rochelle du Preez, Hakuna se eienaar.

“Toe ons hom optel, het ons vermoed ’n kar het hom raakgery , want sy stuitjie was gebreek, maar hy het baie mooi herstel. Hy is nie soos ander katte nie. Sy een ogie is kleiner en swakker as die ander een. Hy kan ook nie links draai nie en draai eerder in ’n sirkel regsom,” vertel sy.

Sy vertel ook hoe Hakuna aanvalle kry. “Ons vermoed die aanvalle is soos ’n epileptiese aanval. Hy het 01:20 weer ’n aanval gekry, so toe bly ek wakker saam met hom tot 02:00. Tydens die aanval het ons sy bandjie afgehaal en het dit nog nie weer aangesit nie. Toe my ma vanoggend omstreeks 05:00 wakker word, was Hakuna weg.”

“Hy het voorheen ook al uitgekom, toe kry ons hom in Hugostraat. Hy raak baie gedisoriënteerd.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: