Almal in tronk kan stem, behalwe Henri van Breda

Foto: punchng.com

‘n Moordenaar of nie. Hulle mag stem! Alhoewel hulle skuldig bevind is aan moord of ander misdrywe, kan 13 405 gevangenes Woensdag landwyd in tronke stem, berig Netwerk24.

Hoekom kan hy nie stem nie?

Ongelukkig kan een gevangene, Henri van Breda, nie stem nie. Volgens die departement van korrektiewe dienste (DKD) het van Breda nie sy identiteitsdokument by hom gehad toe die gevangenes in Januarie vir die verkiesing geregistreer is nie.

Van Breda is in Mei 2018 skuldig bevind op drie aanklagte van moord en een aanklag van poging tot moord. Hy het sy ouers, Martin en Teresa, en sy broer Rudi, in Januarie 2015 met ‘n byl doodgekap op die De Zalze-gholflandgoed. Sy suster, Marli, het die voorval oorleef.

Wat sê die verkiesingskommissie?

Volgens Kate Bapela, woordvoerder van die verkiesingskommissie (OVK), kry die gevangenes nie ‘n spesiale stemdag nie. Sy het ook aan FiND iT gesê nie almal van hulle gaan noodwendig in die kiesdistrikte stem waar hulle geregistreer het nie.

“Hulle sal ‘n provinsiale stembrief kry om te kan stem in die distrik waarin die tronk geleë is. Verkiesingsbeamptes sal na verskillende tronke uitgeplaas word. Die stemme word nie by die tronke getel nie, maar by die stemlokale,” verduidelik sy.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *