Toename in diefstal uit motorvoertuie

Deel hierdie storie / Share this story

Die stasiebevelvoerder, kol. Belinda Rikhotso, is baie bekommerd oor die toename in diefstal uit motorvoertuie wat aangemeld word.

Die Kimberley-polisie doen ‘n beroep op die gemeenskap om hulle by te staan ​​met hierdie misdaad te bekamp, deur meer veiligheidsbewus te wees.

Die volgende stappe kan deur voertuigeienaars/motoriste geneem word om te verhoed dat diefstal uit voertuie plaasvind:

Veiligheidswenke in ‘n voertuig

  • Sluit altyd jou voertuig se deure en hou die vensters toe. Maak seker die voertuig is gesluit deur die deure te toets. Soms word afstandsbeheerders gebruik om ‘n deur oop te maak nadat jy dit met een gesluit het.
  • Waardevolle items soos ’n skootrekenaar, selfoon, tablet en kamera moet reeds by die werk of die huis in die motor se kattebak gesit word voor jy ry.
  • Moenie n selfoon gebruik terwyl jy bestuur nie, tensy jy ‘n handvrye toestel (handsfree kit) het.
  • Wees bedag op mense wat na jou toe kom en jou inlig dat jy ‘n pap band het. Die bedoeling kan wees om items te steel wat hulle in die motor sien of om jou motor te vat.
  • Moenie jou vensters oopmaak vir smouse langs die pad en/of by verkeersligte nie.
  • As ’n vreemdeling met jou wil praat terwyl jy in jou voertuig is, moenie die venster te groot  oopmaak nie. Net 5 cm is genoeg om ’n gesprek te voer.
  • As iets agterdogtig lyk, moenie met vreemdelinge praat nie. Wees eerder onbeskof en ry weg of druk die toeter om aandag te trek.
  • Moenie vreemdelinge ’n saamrygeleentheid gee nie.