Van klein dorpie tot groot rugbydroom

Boan Venter (21) het op 27 April sy debuut vir die SuperSport Challenge Pro 14-reeks teen die Kings vir die Cheetahs gemaak en vertel hy het uiteindelik die kans gekry wat hy verdien.

Die losstut, wat ook droom daarvan om eendag vir die groen en goud uit te draf, kan spog met ‘n drie wat hy tydens sy eerste Pro14- wedstryd gedruk het. “Dis was vir seker die kersie op die koek.”

Like father, like son

Van jongs af sou jy Boan langs die rugbyveld kry waar hy sy pa, De Waal Venter, ‘n oud-Griekwaspeler, ondersteun. De Waal het meer as 100 wedstryde vir Griekwas gespeel. “My pa is my rolmodel – ‘n Griekwas-legende.”

Goeie goed vat tyd

Boan is al vanaf 2016 by die Cheetahs gekontrakteer en soos enige ander speler moes hy sy pad oopspeel tot waar hy vandag is. “Ek voel geëerd en bevoorreg om vir die Cheetahs te kan speel. Dis ‘n droom wat waar geword het.”

Boan het net buite De Aar op ‘n plaas, Boomplaas, grootgeword en vertel sy ouers speel ‘n groot rol in sy lewe. “Van jongs af moedig hulle my aan en ondersteun my. Hulle ry elke naweek deur om my te ondersteun wanneer ek speel.”

Boan en sy ouers.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: