Omstreeks 09:30 vanoggend is paramedici ontbied nadat ’n man, vermoedelik in sy laat sestigs, na bewering ’n hartaanval gehad het en beheer oor sy motor verloor het.
Sy silwer Jeep het op die sypaadjie op die hoek van Tucker- en St Augustinestrate tot stilstand gekom.
“Die oom het ’n hartaanval gehad en beheer oor sy motor verloor,” verduidelik Kelvin Naidoo van ER24. “Hy het nie meer ’n polsslag gehad toe ons hier aankom nie, maar hy het gelukkig nou, na behandeling op die toneel, weer ’n polsslag. Hy gaan nou hospitaal toe geneem word vir verdere behandeling.”




