Wildeklawer: Man met die langste baard al die pad van Frankryk!

Jy kan Erik Lund (39) se baard, wat langer as ‘n liniaal is, nie miskyk by vanjaar se Wildeklawer toernooi in Kimberley nie. Vir die afgelope 10 jaar het Erik nog nooit sy baard gesny nie. “Ek trim hom net so nou en dan.”

Maar, dis nie net Erik se baard wat lank is nie, hy staan ook ‘n volle 2m in sy sokkies!

Wat maak hy hier?

Erik, wat gebore is in Noorweë, het op 26 April in Suid-Afrika geland waar hy GPS-trackers aan rugbyspelers bekendstel. Die apparaat meet onder andere jou spoed, gewig en harttempo.

Erik vertrek weer op 6 Mei na sy huis in Frankryk wat hy met sy vrou en twee dogtertjies deel. “Dit is vanjaar my vierde keer in Suid-Afrika en ek geniet dit verskriklik baie. My dogtertjies kan nie wag dat ek weer vir hulle biltong bring nie.”

Wat dink hy van Wildeklawer?

Erik is verbaas oor die ongelooflike talent wat hy die afgelope paar dae hier sien. “Vir skoolvlak is die ouens amazing en ek dink dit is ‘n ongelooflike goeie toernooi.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: