Voormalige Protea-netbalkaptein, ook die spanbestuurder van Affies, is by Wildeklawer

Amanda Mynhardt en Annarine Hanekom

Annarine Hanekom (30), die spanbestuurder en Amanda Mynhardt (33), die voormalige Protea-netbalkaptein en die afrigter van die netbalspan van Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria, het ’n paar minute voor hulle derde wedstryd afgeknyp om met FiND iT te gesels.

Wildeklawer-toernooi

“Ons is al betrokke by die Wildeklawer-toernooi van die begin af, so dit is ons 11de jaar hier. Dit is altyd lekker om hier te wees en dis vir ons ’n baie groot voorreg om weer uitgenooi te word. Om eerlik te wees, dink ek dié toernooi is die hoogtepunt van die seisoen vir ons,” sê Annarine.

Sy sê ook hulle grootste kompetisie vir hierdie toernooi is Menlo Park.

“Ons gaan altesaam agt wedstryde speel, maar ons speel vyf poelwedstryde.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *