Ongeluk op die N12 na Johannesburg

Twee beseerdes is omstreeks 16:45 deur ER24 na die hospitaal geneem nadat twee voertuie gebots het op die N12 na Johannesburg.

Flamingo-casino

Na bewering het die groen Honda vanaf die Flamingo-casino gekom, op pad na die Shell Ultra City-vulstasie oorkant die casino.

“Ons vermoed die bestuurder van die Honda het die spoed van die bakkie onderskat en wou net vinnig oor die pad ry, toe bots die twee voertuie,” sê polisiewoordvoerder kol. Dimakatso Mooi.

Albei word hospitaal toe geneem

Sy bevestig dat die vroulike bestuurder van die wit Isuzu-bakkie nie ernstig beseer is nie, maar hospitaal toe geneem is om ondersoek te word. “Die bestuurder van die Honda is ernstig beseer en word ook nou hospitaal toe geneem.”

Foto’s: Kayla Vermeulen

1 thought on “Ongeluk op die N12 na Johannesburg

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: