Multi Choice verbied enige Steve-materiaal

Multi Choice gaan voortaan geen beeldmateriaal waarin Steve Hofmeyr, die uitgesproke Afrikaanse sanger verskyn, uitsaai nie, berig Netwerk24.

Volgens Netwerk24 het Benedict Maaga, woordvoerder van MultiChoice, wat die betaaltelevisiediens DStv in sy stal het, aan Channel24 bevestig: “Hofmeyr sal in die toekoms geen blootstelling  op die televisiekanale kry nie.”

Sy sê verder deur nie aan Hofmeyr ‘n uitsaaiplatform te gee nie, sal DStv in die toekoms ook nie enige verdere geleentheid aan hom bied om geld uit sy moontlike toekomstige werk of ou materiaal te maak nie.

Die ou materiaal sluit televisiereekse en flieks in waarin Hormeyr te sien is.

‘n Bom het ‘n paar weke gelede gebars toe Multi Choice aangekondig het dat Hofmeyr nie meer deel van die Ghoema-musiektoekennings mag wees, “omdat die sanger se siening nie met die maatskappy se waardes ooreenstem nie.”

MultiChoice het versoek dat die musiekvideo, Die Land, van die lys van benoemings verwyder word.

Menige van die kunstenaars onder andere Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld, Arno Jordaan en vele meer het die aand geboikot.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *