R1 000 beloning vir vermiste pit bull

Lumeri Diederiks het gister baie bekommerd ’n boodskap op sosiale media uitgestuur oor haar vermiste pit bull, Tequila.

“Ons het Kaapstad toe verhuis en moes haar eers by my skoonouers agterlaat. Sy is al twee weke vermis, maar ek het eers Saterdag daarvan uitgevind,” sê ’n baie emosionele Lumeri.

Tequila is twee jaar oud en is bruin en wit. Sy het ’n bruin kol oor haar een oog en het wit pote.

Hondegevegte

“Ek is baie bang iemand het haar gevat en gebruik haar vir dog fighting, omdat sy ’n pit bull is. Sy het ’n kettinkie om haar nek met haar naam op en ’n ou nommer van my. Ek wou die nommer nog verander het voor ons verhuis het,” verduidelik sy.

Kontakbesonderhede

“Sy het in die Beaconsfield-area weggeraak, so indien iemand haar sien, kontak my asseblief by 078 368 8844 of 064 507 2026. ‘n Beloning van R1 000 sal gegee word aan die persoon wat haar kry.”

Foto’s: Facebook

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: