Petrolprys ruk weer jou sak in Mei

Die departement van energie het Sondag aangekondig petrol sal in Mei 54c per liter styg.

Die prysverhoging geld vir 93-asook 95-oktaanpetrol.

Luidens ‘n verklaring sal die prys van diesel met ‘n swaelinhoud van 0.05% met 1c per liter styg, terwyl die prys van diesel met 0.005% swaelinhoud dieselfde sal bly.

Paraffien se groothandelprys sal met 3c per liter styg en die enkel maksimum nasionale kleinhandelprys van paraffien sal met 4c per liter styg. Die kleinhandelprys vir die maksimun gas sal met 84c toeneem.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *