Ongeluk in Quinstraat

Omstreeks 07:50 vanoggend, 29 April, het ’n Volkswagen Polo en Toyota Tazz in Quinstraat gebots.

Na bewering was daar ’n stilstaande taxi in die linkerbaan. “’n Ander motor het te laat agtergekom die taxi beweeg nie en het toe voor my ingeswaai,” sê die drywer van die Tazz. “Ek moes vinnig rem trap, anders het ek in die motor vasgery, maar toe ry die Polo in my vas van agter.”

Owerhede was op die toneel en het probeer om die olie, wat oor die pad geloop het, met sand vir veiligheid toe te gooi.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *