Vryheidsdag – 27 April 2019

Vryheidsdag is ‘n openbare vakansiedag in Suid-Afrika wat op 27 April gevier word.

Ons vier ons vryheid en vier ook die eerste na-apartheidsverkiesing wat op daardie dag in 1994 gehou is. Die verkiesing was die eerste nie-rassige nasionale verkiesing waartydens alle stemgeregtigdes, ouer as 18 jaar en van enige rassegroep, insluitend buitelandse burgers wat permanent in Suid-Afrika woonagtig is, toegelaat is om te stem.

Tydens die eerste herdenking van dié mylpaal het president Nelson Mandela die parlement as volg toegespreek:
“Toe die dag vanoggend, 27 April 1994, breek, kon min van ons die opwelling van emosie onderdruk, aangesien ons herinner is aan die verskriklike verlede waaruit ons as ’n volk kom, die groot moontlikhede wat ons nou het en die blink toekoms wat op ons wag. Daarom vergader ons vandag hier en in ander dele van die land op ’n geskiedkundige dag in die lewe van ons land. Waar ookal Suid-Afrikaners regoor die wêreld is, klop ons harte as een, terwyl ons ons gemeenskaplike lojaliteit teenoor ons land en ons verbintenis tot die toekoms herbevestig.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *