Liggaam van ongeïdentifiseerde man in Hartsrivier gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in Jan Kempdorp ondersoek n moordsaak ná die ontdekking van ’n lyk in die Hartsrivier naby Jan Kempdorp.

Onbekende man

Die lyk van ’n onbekende man is deur ’n verbyganger ontdek. Die lyk het bo-op die water gedryf. Luidens die verklaring is die man se hande met ’n tou vasgemaak en sy voete met ’n ketting vasgebind. Die slagoffer is vermoedelik tussen die ouderdom van 30 en 40 jaar. Hy was geklee in ’n rooi en swart Orlando Pirates T-hemp, ’n blou broek en ’n bruin Grasshopper-skoen aan een voet.

Kontak die polisie

Die polisie versoek dat enigiemand wat inligting oor hierdie voorval het of dalk weet van iemand wat aan die beskrywing voldoen, die ondersoekbeampte, sers. Itumeleng Mmoloeng, kontak by 060 976 9069 of die polisiekantoor by 053 456 5200 of die misdaadstoplyn 08600 10111.

Die polisie se ondersoek duur voort.