Die water van die Rietrivier op Ritchie vloei tans tussen 260 en 270 kubieke meter per sekonde. Die watervlakke van die rivier het in die afgelope 24 uur met ongeveer 3m gestyg.
Die Oranje Riet-waterverbruikersvereniging het vroeër ’n waarskuwing aan inwoners wat op die wal van die Rietrivier woon, gerig wat hulle gewaarsku het die vlakke van die rivier kan styg. Dit is ’n gekontroleerde vloed.
Albert Hensberg, bestuurder van ER24, sê die sluise van die Krugersdriftdam was oopgemaak en weer toegemaak. Dit is wat die watervlakke van die Rietrivier laat styg het.
“Daar is geen lewensgevaar en geen skade nie. Almal is vooraf in kennis gestel. Die water voor my huis het omtrent ’n halwe meter gestyg. Dit behoort teen die einde van die naweek heeltemal af te plat.”
Die vorige vloed op Ritchie was in 2011, toe baie inwoners hulle huise moes ontruim en groot skade gelei het.




