Roodepan-SAPS neem aksie teen misdaad

Roodepan-SAPD, in besonder die sektorbestuurder van sektor A2, konst. Norton Mongale, het ’n program begin om misdaad aan te spreek en om veral op dwelmmisbruik in die sektor te fokus.

Die gebeurtenis is tans aan die gang in die Verenigde Apostoliese Geloofskerk in Roodepan. Dit word bygewoon deur die SAPD-kapteins van EHW Kimberley en Galeshewe, plaaslike pastore, wykraadslede, die Roodepan-adjunkvoorsitter van die GPF, me Paulina Tsiposa, die Vispol-hoof by Roodepan-stasie, luit.-kol. Pieter Jansen, maatskaplike werker, me Patricia Tshilidzi, ‘n voormalige dwelmverslaafde, Chesley Barnes en Vaughan Mouton van Ikhayalethu Rehab Centre.

’n Oudpresident en nou pastoor, Jim Badenhorst, het ook die gehoor toegespreek. Al die sprekers het gepraat oor misdaad en dwelmverslawing en hoe dit gesinne en die gemeenskap raak en hoe ons kollektief teen hierdie boosheid kan optree. Konst. Mongale het ’n geïntegreerde benadering gevolg en het die departement van maatskaplike ontwikkeling, verskeie NRO’s, die plaaslike GPF en plaaslike godsdiensleiers in Roodepan genooi om hande te vat en teen hierdie misdade wat in die gemeenskap voorkom, op te tree.

Verskeie boodskappe is deur die sprekers gelewer met een gemeenskaplike doelwit – hoe om misdaad aan te spreek. Tydens sy toespraak het kol. Jansen ’n kort oorsig gegee van die huidige misdaadsituasie waarin verduidelik word watter misdade in Roodepan voorkom. Hy het die gemeenskap versoek om informante te word. Die diens is beëindig met ’n preek en gebede deur die verskillende pastore.

Lerato Lethase
Chesley Barnes
Kol. Jansen

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *