WhatsApp se nuwe funksie blok screenshots

iPhone-wenk vir die dag

iPhone-wenk vir die dag

WhatsApp,  wat die derde mees afgelaaide Android-program in die wêreld is, word daagliks gebruik om met vriende en geliefdes te kommunikeer. Dit is goedkoop en effektief, maar die nuwe funksie wat die ontwikkelaars toets, mag dalk die gebruik van skermgrepe (screengrab/screenshots) in privaat gesprekke blok.

Luidens ’n gesprek op 5FM asook DailyMail is die app, wat deur Facebook besit word, besig om ’n vingerafdruk-verifikasie funksie te ontwikkel. Dit beteken dat gebruikers hulle vingerafdruk moet skandeer om toegang tot hulle gesprekke te kry. As dié funksie geaktiveer is, sal gebruikers nie privaat gesprekke kan screenshot nie.

WhatsApp word gereeld opdateer, wat beteken dat nuwe funksies voortdurend bygevoeg word. Ons weet nie hoekom WhatsApp besluit het om skermgrepe te voorkom wanneer die vingerafdruk geaktiveer is nie, en persoonlik weet ek nie of gebruikers van die idee hou nie,” het WABetaInfo in sy blog geskryf.

Foto: DailyMail

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *