Kansa-kantoor skuif

Kimberley se Kansa-kantoor sal vanaf 24 April ‘n nuwe tuiste hê.

As gevolg van al die misdaad wat in die middestad toeneem, het Kansa besluit om sy kantoor te skuif. “Ons survivors, vrywilligers, personeel en publiek se veiligheid is vir ons belangrik.”

Vanaf 1 Mei kan jy die Kansa-kantoor in Lawsonstraat 72 Kimberley, op Caritas-gemeenskapsentrum se perseel, besoek.

Volgens Andries van der Merwe van Kansa sal die administratiewe personeel tot en met 2 Mei by die ou kantoor wees vir die maandeinde. “Al Kansa se personeel is op hulle selfone beskikbaar.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *