’n Vrou is na bewering beseer toe ’n groot staalhek by ’n Usave-inkopiesentrum in Roodepan op haar geval het.
Volgens omstanders het die hek op die vrou geval nadat ’n trok die hek raakgery het. Die trok was besig met aflewerings by die inkopiesentrum.
Albert Hensberg, bestuurder van ER24-ambulansdiens, sê ER24 het die pasiënt hospitaal toe geneem.







