Kleuter nog vermis, polisie verskerp soektog

Verskeie polisie-eenhede het saamgespan om te help in die soektog na die vermiste kleuter (2) van Delportshoop.

Die kleuter is na bewering op Saterdag 12 April deur die verdagte ontvoer nadat die verdagte se poging om die moeder te verkrag misluk het.

Kapt. Olebogeng Tawana sê: “Die kind is nog nie gevind nie. Die verdagte het vinnig in die streekshof op Barkly-Wes verskyn op vier aanklagtes. Die verdagte word onderskeidelik vir poging tot verkragting, huisbraak met die intensie om te steel asook huisbraak met intensie vir aanranding en ontvoering aangekla.” Voorts sê hy: “Die verdagte is nog in polisieaanhouding aangesien hy vir regshulp wil aansoek doen.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *