‘n Nuwe loopbrug sal vanaf Dinsdag weer gebruik kan word by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark, het Steve Mabona, woordvoerder van die departement van onderwys, aan Find It bevestig.
“Die brug sal amptelik om 15:00 Dinsdagmiddag aan die skool “oorhandig” word,” sê Mabona.
Dit kom nadat ‘n sementblok van die “ou” loopbrug, wat twee skoolgeboue verbind, op 1 Februarie ingeval het.
Vier leerders van die skool – Roydon Olckers, Jandre Steyn, Marli Currie en Marnus Nagel – is oorlede. Meer as 20 leerlinge is ernstig beseer.
Volgens Mabona gaan Panyaza Lesufi, Gautengse LUR van onderwys, die nuwe loopbrug inwy.




