Vanaf 1 Mei 2015 vereis die wet dat kinders onder die ouderdom van drie jaar in ’n karstoeltjie moet sit ongeag hoe lank die reis is. Of dit nou in die dorp of op die langpad is. Nog steeds is daar ouers wat hulle kinders toelaat om sonder karstoeltjies te reis.
Statistieke
Statistieke deur “Arrive alive” het bewys ’n karstoeltjie wat reg geinstalleer is, kan die kans op babas wat in ’n ongeluk sterf met 70% verminder en 47% – 54% in kinders onder vier jaar verminder.
Boete
Volgens die nasionale padverkeerswet moet alle kinders onder drie jaar in karstoeltjies vervoer word en kan jy ’n hewige boete ontvang indien jy afgetrek word.



