Wêreldboekedag

Deel hierdie storie / Share this story

Die Verenigde Nasies se organisasie Unesco het Wêreldboekedag voorgestel as ‘n dag om die vreugde van lees te vier. Dit word sedert 1995 op 23 April, die verjaardag van onder andere William Shakespeare, gehou.

Een honderd lande vier Wêreldboekedag. Boeke is die skakel tussen die verlede en die toekoms en is ’n brug tussen generasies.

Kinders wat gereeld vir genot lees, het beter oog-handkoördinasie, ‘n groter woordeskat en algemene kennis. Hulle het ook ’n beter begrip van ander kulture as hul nie-lesende vriende.

Of jy nou tradisionele boeke lees of eerder jou Kindle of iPad verkies, lees is ‘n paspoort na hierdie en baie ander wêrelde.

Foto: Arts + Culture – Affinity Magazine