Luidens die burgemeester van Sol Plaatje-munisipaliteit, Patrick Mabilo, vra hulle om verskoning vir die huidige kra probleem in sekere areas in Kimberley.
Volgens Mabilo is al die reën oor die Paasnaweek die rede vir die krag wat af is.
“Die tegnici en brandweer gee tans aandag aan die probleem. Ons hoop om binnekort weer krag in al die areas te hê,” sê Mabilo.
Indien jy enige navrae het, kan jy die Sol Plaatje-munisipaliteit skakel by 053 830 6111.



